| karooinfo.com |
HOE OM DAAR TE KOM (GPS: 32 21s 22 35o) Geleë op die N1 Nasionale Pad sowat 450km vanaf Kaapstad. GESKIEDENIS Die eerste inwoners van die gebied was hoofsaaklik skelms. Selfs die Kaapse regering het oortreders daarheen verban. Toe, in 1818 is 'n dorp gestig op die plaas 'Hooyvlakte' op versoek van Lord Charles Somerset, toe Goewerneur van die Kaap. Sy oogmerk was om vrede en orde in die omgewing te vestig. In 1837 word Beaufort-Wes die eerste dorp in Suid-Afrika met 'n eie munisipaliteit. Oorblyfsels van die Boereoorlog sluit in 'n Britse Blokhuis asook grafte van Boere en Britse soldate. Een van die bekendste seuns van die dorp was hartoorplantings pionier, Dr Chris Barnard. WAAR KOM DIE NAAM VANDAAN Lord Charles Somerset, goewerneur van die Kaap vanaf 1814 tot 1826, het die dorp so laat noem ter ere an sy pa, die 5e Hertog van Beaufort. BEVOLKING 15,000 INTERESSANTE PLEKKE Christiaan Barnard Museum Karoo Nasionale Park WAT OM TE SIEN EN DOEN Karoo Nasionale Park Boere oorlog tekens en oorblyfsels Wandelpaaie Jag 4x4 roetes AKKOMMODASIE TOERISME KANTOOR Tel: 023 415 1488 Fax: 023 415 1487 BUURDORPE Laingsburg 198km LeeuGamka 75km Prince Albert Road 114km Prince Albert 159km Richmond 183km Murraysburg 122km Aberdeen 155km Oudtshoorn 179km
|