karooinfo.com

KarooInfo.com

  TUISBLAD
  AGTERGROND / KAART
  KAROO DORPE
  - Aberdeen
  - Beaufort-Wes
  - Brandvlei
  - Britstown
  - Calitzdorp
  - Calvinia
  - Carnarvon
  - Colesberg
  - Cradock
  - De Aar
  - Fraserburg
  - Graaff-Reinet
  - Hanover
  - Hofmeyer
  - Hopetown
  - Ladismith
  - Laingsburg
  - Leeu Gamka
  - Loxton
  - Matjiesfontein
  - Merweville
  - Middelburg
  - Murraysburg
  - Nelspoort
  - Nieu Bethesda
  - Noupoort
  - Oudtshoorn
  - Philipstown
  - Prieska
  - Prince Albert
  - Prince Albert Road
  - Richmond
  - Rietbron
  - Strydenburg
  - Sutherland
  - Touwsrivier
  - Van Wyksvlei
  - Victoria-Wes
  - Vosburg
  - Williston
  - Willowmore
  WAT OM TE SIEN EN DOEN
  WAAR OM TE BLY
  FAUNA & FLORA
  LANDBOU EN NYWERHEID
  BEGELEIDE TOERE
  KONTAK ONS / SKAKELS
CALITZDORP

Calitzdorp Calitzdorp landmerk

HOE OM DAAR TE KOM
(GPS: 33 32s 21 41o)
Op die R62 tussen Ladismith en Oudtshoorn.

GESKIEDENIS
Gedurende 1821 is grond toegeken aan JJ en MC Calitz. In 1853 het die Calitz familie grond geskenk vir die bou van 'n kerk en skool. Teen die vroeë 1900's het die steeds groeiende bevolking genoodsaak dat groter geboue opgerig moet word, beide waarvan in 1912 voltooi is.

Die ekonomie van die tyd was gekoppel aan die volstruis bedryf en die goeie tye is ook gekenmerk aan ontwikkelings in die omgewing. Goeie voorbeelde daarvan is die huidige museum (opgerig as bankgebou) en die dam in die Nels rivier, die eerste in Suid-Afrika wat van beton gebou is.

Die plaaslike ekonomie was erg geknou deur die volstruis mark se ineenstorting asook 'n griep epidemie en verskeie droogtes. Die koms van die spoorlyn (1924) en elektrifisering daarvan (1937) het nuwe lewe in die ekonomie geblaas. 'n Betonpad (weer 'n eerste in die land) is na Oudtshoorn gebou wat kommunikasie met die buite-wêreld aansienlik verbeter het. Die huidige R62 is in 1978 gebou.

Vandag is Calitzdorp 'n welvarende landbougemeenskap. Die ekonomie is steeds afhanklik van die volstruisbedryf terwyl vrugte en wyn verbouing ook 'n belangrike rol speel. Calitzdorp lewer uitstekende Port tipe wyne en is nie verniet bekend as die "Port hoofstad van Suid-Afrika" nie.

WAAR KOM DIE NAAM VANDAAN
Oorspronklik bekend as Buffelsvlei, vernoem na die gras asook die wildlewe wat daar voorgekom het. Later vernoem na die drie broers van wie die grond bekom is - JJ, MC en F Calitz.

BEVOLKING
5,000

INTERESSANTE PLEKKE
Rotskuns
Museum

WAT OM TE SIEN EN DOEN
Jaarlikse Port Fees
Voëlkyk
Staproetes
Bergfiets roetes
4x4 roetes
Perdry
Kanovaart en Visvang

AKKOMMODASIE
  • Sien "Waar om te bly"

    TOERISME KANTOOR
    Tel/Fax: 044 213 3775
  • e-Pos

    KELDERS OP DIE KLEIN KAROO WYNROETE
    Boplaas Tel: 044 213 3326 Fax: 044 213 3750
    Calitzdorp Tel: 044 213 3301 Fax: 044 213 3328
    De Krans Tel: 044 213 3314 Fax: 044 213 3562

    BUURDORPE
    Ladismith 45km
    Oudtshoorn 55km