| karooinfo.com |
HOE OM DAAR TE KOM (GPS: 31 28s 19 47o) Vanaf Kaapstad, volg die N7 noordwaarts. By VanRijnsdorp (sowat 350km vanKaapstad) draai af op die R27 na Calvinia, omtrent 120km verder. GESKIEDENIS Geleë aan die voet van die Hantam berge op die wal van die Oorlogsrivier, is die dorp Calvinia, uitgelê in 1851 op die plaas Hoggekraal. Calvinia het in 1904 munisipale status gekry. Teen 970m bo seevlak is die gemiddelde somer temperatuur 22°C maar gereeld bo 40°C. Gedurende die winter is die gemiddelde dagtemperatuur 10°C maar kan ook so laag daal as -8°C. WAAR KOM DIE NAAM VANDAAN Oorspronklik genoem Hantam na die Khoi woord wat beteken 'waar die rooi bolle groei". Dit is in 1853 verander na Calvinia ter ere van die kerk hervormer, John Calvin. BEVOLKING INTERESSANTE PLEKKE Museum Aantal historiese geboue WAT OM TE SIEN EN DOEN Jaarlikse vleisfees (einde Augustus) Wandelpaaie Verskeie plekke waar San rotskuns voorkom Boere oorlog tekens en oorblyfsels Veldblomme (in seisoen) Akkerendam Natuurreservaat 4x4 rotes AKKOMMODASIE TOERISME KANTOOR BUURDORPE Williston 129km Brandvlei 173km Middelpos 131km |