| karooinfo.com |
HOE OM DAAR TE KOM (GPS: 31 55s 21 31o) Vanaf Kaapstad, volg die N1 na Beaufort-Wes. By Leeu Gamka draai af na Fraserburg op die R353. GESKIEDENIS Trekboere wat in die gebeid gevestig het, het in 1852 'n dorp gestig op die plaas Rietfontein. Fraserburg is bekend vir 'n paar redes. Een is skaapboerdery. Nog 'n rede is die unieke 'peperpot' 'n seskantige gebou met 'n kleurryke geskiedenis. 'n Verdere rede, en miskien die belangrikste, is die Gansfontein palaeo-oppervlak wat in 1968 ontdek is. Dit lewer een van die volledigste getuienis in die węreld van die ontwikkeling van reptiel tot soogdier. WAAR KOM DIE NAAM VANDAAN Fraserburg is vernoem na twee mense. 'n Bekende plaaslike leeraar van Skotse herkoms, Colin Fraser (vader van die Vrystaatse President MT Steyn se vrou) asook 'n plaaslike ouderling, Gerrit Jacobus Meyburgh. BEVOLKING 2000 INTERESSANTE PLEKKE Museum Aantal historiese geboue Boere oorlog tekens en oorblyfsels WAT OM TE SIEN EN DOEN Waterval in Theekloof Kerkplaas - oorblyfsels van die eerste sendingkerk in die omgewing Jag 4x4 roetes AKKOMMODASIE TOERISME KANTOOR BUURDORPE Sutherland 113km Merweville Leeu Gamka 114km Williston 93km Carnarvon 132km Loxton 103km
|