karooinfo.com

KarooInfo.com

  TUISBLAD
  AGTERGROND / KAART
  KAROO DORPE
  - Aberdeen
  - Beaufort-Wes
  - Brandvlei
  - Britstown
  - Calitzdorp
  - Calvinia
  - Carnarvon
  - Colesberg
  - Cradock
  - De Aar
  - Fraserburg
  - Graaff-Reinet
  - Hanover
  - Hofmeyer
  - Hopetown
  - Ladismith
  - Laingsburg
  - Leeu Gamka
  - Loxton
  - Matjiesfontein
  - Merweville
  - Middelburg
  - Murraysburg
  - Nelspoort
  - Nieu Bethesda
  - Noupoort
  - Oudtshoorn
  - Philipstown
  - Prieska
  - Prince Albert
  - Prince Albert Road
  - Richmond
  - Rietbron
  - Strydenburg
  - Sutherland
  - Touwsrivier
  - Van Wyksvlei
  - Victoria-Wes
  - Vosburg
  - Williston
  - Willowmore
  WAT OM TE SIEN EN DOEN
  WAAR OM TE BLY
  FAUNA & FLORA
  LANDBOU EN NYWERHEID
  BEGELEIDE TOERE
  KONTAK ONS / SKAKELS
HANOVER

Hanover landmerk Hanover straat with landmerk koppie in die agtergrond

HOE OM DAAR TE KOM
(GPS: 31 04s 24 27o)
Op die N1 hoofroete, ongeveer halfpad tussen Kaapstad en Johannesburg.

GESKIEDENIS
Die plaas 'Petrusvallei' het verskeie eienaars gehad voordat dit in 1854 aan die NG Kerk verkoop is.

Die dorp het gou in 'n besige sentrum ontwikkel en met verskeie paaie wat hier gekruis het, was daar heelwat verkeer. Ongelukkig het die bou van 'n spoorlyn (1884) en later die N1 hoofpad verkeer in die dorp drasties laat afneem - soveel so dat die naam vir baie reisigers vandag slegs op die kaart voorkom.

Die geskiedenis van die dorp het heelwat interessanthede ingesluit, soos huise wat gebou is om oor die sypaadjie te strek, leivore wat vandag nog gebruik word volgens die program wat in 1870 daar gestel was, 'n perderenbaan wat tot 1889 in gebruik was asook die land se eerste sterrewag (dit is later na Sutherland geskuif).

Grafte en monumente wat dateer uit die Boereoorlog is nog te sien.

Interessante voormalige inwoners het ingesluit die skrywer Olive Schreiner en (Ds) TF Burgers, latere President van die Transvaalse Republiek.

WAAR KOM DIE NAAM VANDAAN
'n Vorige eienaar van die plaas Petrusvallei, ene Gert Gous, het versoek dat die dorp vernoem word na die Duitse stad vanwaar sy ouers gekom het.

BEVOLKING


INTERESSANTE PLEKKE
Museum
Aantal historiese geboue
Boere oorlog tekens en oorblyfsels

WAT OM TE SIEN EN DOEN
Boere oorlog tekens en oorblyfsels
Wandelpaaie
Voëlkyk
Jag
Angora Handwerk Sentrum

AKKOMMODASIE
  • Sien "Waar om te bly"

    TOERISME KANTOOR


    BUURDORPE
    Colesberg 74km
    De Aar 69km
    Noupoort 55km
    Richmond 61km

    Hoofstraat - Hanover Tipiese nou Hanover straat met stoepe oor die sypaadjie Hanover Museum