KarooInfo.com

KarooInfo.com

  TUISBLAD
  AGTERGROND / KAART
  KAROO DORPE
  - Aberdeen
  - Beaufort-Wes
  - Brandvlei
  - Britstown
  - Calitzdorp
  - Calvinia
  - Carnarvon
  - Colesberg
  - Cradock
  - De Aar
  - Fraserburg
  - Graaff-Reinet
  - Hanover
  - Hofmeyer
  - Hopetown
  - Ladismith
  - Laingsburg
  - Leeu Gamka
  - Loxton
  - Matjiesfontein
  - Merweville
  - Middelburg
  - Murraysburg
  - Nelspoort
  - Nieu Bethesda
  - Noupoort
  - Oudtshoorn
  - Philipstown
  - Prieska
  - Prince Albert
  - Prince Albert Road
  - Richmond
  - Rietbron
  - Strydenburg
  - Sutherland
  - Touwsrivier
  - Van Wyksvlei
  - Victoria-Wes
  - Vosburg
  - Williston
  - Willowmore
  WAT OM TE SIEN EN DOEN
  WAAR OM TE BLY
  FAUNA & FLORA
  LANDBOU EN NYWERHEID
  BEGELEIDE TOERE
  KONTAK ONS / SKAKELS
HOPETOWN

Oranjerivier by Hopetown

HOE OM DAAR TE KOM
(GPS: 29 37s 24 05o)
Op die N2 hoofroete, op die walle van die Oranjerivier, sowat 120km suid van Kimberley.

GESKIEDENIS
Hopetown is op die rand van die Grootkaroo, op die walle van die Oranjerivier. Daar word vertel dat die dorp se simbool, 'n anker en ketting, 'n replika is van 'n hanger wat gedra is deur 'n weduwee Van Niekerk, as 'n simbool van hoop.

Gedurende 1850 het die Kaapse Goewerneur, Sir Harry Smith, die grense van die kolonie verder noord aangepas tot langs die Oranjerivier. Enkele trekboere het langs die rivier gevestig en teen 1854 het 'n rowwe dorp gevorm en is 'n kerk gebou.

In 1858 is die vrede verbreek toe die eerste, en in 1867 die tweede diamand in die omgewing ontdek is. Dit het gelei tot die Diamand stormloop.

Die einde van die diamand era het ook die einde van 'n voorspoedige era beteken. Vandag is Hopetown weer daardie stil en rustige Karoodorp op die walle van die Oranje.

WAAR KOM DIE NAAM VANDAAN
Daar is geen duidelikheid oor die herkoms van die dorp se naam nie. Dit word beweer dat die naam gekopel kan word aan die hanger van weduwee van Niekerk, die anker as simbool van hoop. Dit is ook moontlik dat die dorp vernoem is na Majoor William Hope, Ouditeur Generaal aan die Kaap.

BEVOLKING


INTERESSANTE PLEKKE
Historiese geboue
Boere oorlog tekens en oorblyfsels
Oorblyfsels van eerste houtbrug oor rivier.
'Convict Stone' (gebruik om gevangenis aan vas te ketting by gebrek aan selle)

WAT OM TE SIEN EN TE DOEN
Verskeie plekke waar San rotskuns voorkom, veral die plase Gelukspoort en Houtville (met afspraak)
Boere oorlog tekens en oorblyfsels
Wandelpaaie
Voelkyk
Watersport op rivier

AKKOMMODASIE
  • Sien "Waar om te bly"

    TOERISME KANTOOR


    BUURDORPE
    Kimberley 120km
    Prieska 138km
    Strydenburg 55km