| karooinfo.com |
HOE OM DAAR TE KOM (GPS: 33 29s 21 16o) Vanaf Kaapstad, volg die N1 noordwaarts. By Worcester, draai af na Robertson en volg dan Roete 62 tot by Ladismith, sowat 300km vanaf Kaapstad. GESKIEDENIS Ladismith is gevestig deur die NG Kerk in 1851 op 'n gedeelte van die plaas 'Ylandsvallei', in die skadu van 'Towerkop', 'n prominente spits (2189m) in die Klein Swartberg. Teen 1852 is die dorp uitgesit en opgemeet maar het eers 10 jaar later amptelike erkenning as dorp gekry. In 1903 het Ladismith 'n eie Munisipaliteit gekry. Vandag is Ladismith steeds net 'n Karoodorp, bekend vir sy natuurskoon, kaas en vrugte. WAAR KOM DIE NAAM VANDAAN Die dorp is vernoem na die Spaanse vrou van Goewerneur Sir Harry Smith(1787 - 1875) die Goewerneur van die Kaap vanaf 1847 tot 1852, Lady Juana Maria de los Dolores de Leon Smith. Die oorspronklike spelling 'Ladysmith' is in 1879 verander na Ladismith. BEVOLKING INTERESSANTE PLEKKE Aantal historiese geboue in verskillende erkende style WAT OM TE SIEN EN DOEN Historiese geboue Wandelpaaie Bergfietsroetes Perdry roetes 4x4 roetes Bergklim Boesman rotskuns Voelkyk Laventelplaas Stanley se lig AKKOMMODASIE TOERISME KANTOOR Tel/Fax: 028 551 1378 KELDERS OP DIE KLEIN KAROO WYNROETE Ladismith Tel: 028 551 1042 Fax: 028 551 1930 BUURDORPE Calitzdorp 45km Oudtshoorn 100km Laingsburg 85km
|