| karooinfo.com |
HOE OM DAAR TE KOM (GPS: 33 12s 20 51o) Op die hoof Noord/Suid roete (N1), ongeveer halfpad tussen Kaapstad en Beaufort-Wes. GESKIEDENIS Die eerste aangetekende gesiedenis van die gebied dateer na vroeg in die 1700's. In 1776 het 'n Nederlandse avonturier 'n groot droogte in die omgewing beskryf. Teen 1862 het ene Stephanus Greeff in die gebied gevestig en die plaas 'Vischkuil' aangekoop met die spesifieke doel om 'n dorp te vestig. Teen April 1880 was die dorp erken en die eerste erwe verkoop. In Januarie 1981 het die dorp byna verdrink toe die Buffelsrivier sterk afgekom en die dorp oorstroom het. Meer as 100 lewens is verloor en net 21 geboue het bly staan, die meeste erg beskadig. Vandag nog word die vloedvlak duidelik aangetoon. WAAR KOM DIE NAAM VANDAAN Vernoem na John Laing, Kommissaris van Kroongrond in die kabinet van Cecil John Rhodes. BEVOLKING 3,000 INTERESSANTE PLEKKE "Wolfaard Versameling" in Biblioteek Boere oorlog tekens en oorblyfsels Persele waar Fossiele te sien is. WAT OM TE SIEN EN TE DOEN Wandelpaaie 4x4 Roetes Jaarlikse Karoo Marathon AKKOMMODASIE TOERISME KANTOOR Tel/Fax: 023 551 1019 BUURDORPE Matjiesfontein 27km Touws River 82km Leeu Gamka 123km Beaufort-Wes 198km Ladismith 85km
|