| karooinfo.com |
Meer inligting en fotos sal binnekort op hierdie bladsy geplaas word HOE OM DAAR TE KOM (GPS: 32 47s 21 59o) Direk langs die N1 hoofpad, sowat 75km suid van Beaufort-Wes. GESKIEDENIS Hierdie was van die vroegste tye 'n populêre rusplek op die pad na die noorde, een van die min plekke met drinkbare water. Heelwat ontwikkeling het hier plaasgevind waaronder 'n Algemene Handelswinkel asook 'n kerk en skool teen 1896. Die Hotel is in 1898 voltooi. Tydens die Boereoorlog het heelwat Britse troepe het hier verbybeweeg. Op een stadium was die Hotel asook van die ander geboue as hospitaal gebruik deur die Britse magte. Na die oorlog het verdere ontwikkeling plaasgevind, maar as gevolg van die Hotel eienaar se wyering van toestemming, is al die huise aan die anderkant van die spoor opgerig. Daar word beweer dat die laaste van die nou uitgestorwe Kaapse Leeu hier geskiet is in 1842. Die huidige Nasionale pad, die N1, wat verkeer teen snelheid by die dorp verbyneem, het aktiwiteiet hier verminder tot nie baie meer as net 'n naam op die kaart nie. WAAR KOM DIE NAAM VANDAAN Oorspronklik bekend as Bitterwater. Nadat die spoorlyn in 1879 gebou is, word dit amptelik 'Fraserburg Road'. Teen 1950 is die naam verander na die huidige Leeu Gamka, die name van die twee riviere wat hier verbyvloei. (Gamka is die San woord vir Leeu) BEVOLKING 500 INTERESSANTE PLEKKE Boere oorlog tekens en oorblyfsels Persele waar Fossiele te sien is. WAT OM TE DOEN EN SIEN Wandelpaaie 4x4 Roetes AKKOMMODASIE TOERISME KANTOOR BUURDORPE Laingsburg 123km Beaufort-Wes 75km Prince Albert Road 39km Fraserburg 114km |