| karooinfo.com |
HOW TO GET THERE (GPS: 32 40s 21 31o) Vanaf Beaufort-Wes volg die N1 in 'n suidelike rigting. Na sowat 115km, by Prince Albert Road, is die afdraai met duidelike rigtingwysers gemerk. GESKIEDENIS Die interessante geskiedenis van die dorp begin met 'n invloedryke plaaslike boer, ene Van der Bijl, wat sy plaas ontwikkel het en ook 'n kerk (later gebruik as skool) winkel, poskantoor en selfs 'n polistasie asook tronk in die laat 1800's gebou het. Daar was ook planne gemaak om 'n gemeente van die NG Kerk daar te vestig en is die plaaskerk soms gebruik deur Ds van der Merwe van Beaufort-Wes. Die Boereoorlog het die planne in die wiele gery. Van der Bijl is op 1 Januarie 1904 oorlede. Die kerk het 'n gedeelte van sy plaas uit die boedel gekoop en begin dadelik met die beplanning van 'n nuwe gemeente. Merweville is gebore. Gedurende die oorlog het 'n Australiese soldaat hier selfmoord gepleeg. Hy is op die plek begrawe wat vandag duidelik gemerk is as die 'Engelsman se Graf'. Vandag is Merweville steeds 'n klein dorpie met 'n werklike 'ou wêreldse' gevoel en is 'n gewilde bestemming onder jagters. Die plaaslike ekonomie word hoofsaaklik ondersteun deur skaapboerdery. WAAR KOM DIE NAAM VANDAAN Vernoem na Ds P van der Merwe (1860-1840), voorsitter van die kerkraad wat die stigting van die dorp bewerkstellig het. BEVOLKING 2,000 INTERESSANTE PLEKKE Merweville 'Engelsman' se graf WAT OM TE SIEN EN TE DOEN Verskeie plekke waar San rotskuns voorkom Jag Wandelpaaie 4x4 roetes AKKOMMODASIE TOERISME KANTOOR BUURDORPE Prince Albert Road 43km Sutherland Fraserburg Beaufort West
|