| karooinfo.com |
Meer inligting en fotos sal binnekort op hierdie bladsy geplaas word HOE OM DAAR TE KOM (GPS: 31 57s 23 46o) Vanaf Beaufort-Wes, volg die N1 na Richmond. Duidelike rigtingwysers na Murraysburg is aangebring na sowat 120km. Geleë op die R53 tussen Graaff Reinet en Victoria-Wes. GESKIEDENIS Die eerste trekboere het in hierdie omgewing gevestig teen ongeveer 1770. As gevolg van konflik met die plaaslike San of Boesmans, het boere eers vanaf ongeveer 1830 op meer permanente basis gevestig. Die plaas Eenzaamheid is teen 1850 aangekoop vir die ontwikkeling van 'n dorp en kerk. 'n Besige dorp is na slegs 'n kort tydjie gevestig. Tydens die Boereoorlog het die dorp heelwat aksie beleef, veral gedurende die eerste helfte van 1901 waartydens huise en plase in die omgewing in brande verwoes is. Vandag is die dorp nie baie meer as 'n kolletjie op kaarte nie en is dit hoofsaaklik jagters wat die pad daarheen ken. WAAR KOM DIE NAAM VANDAAN Vernoem na die prominente kerkleyer, Ds Andrew Murray van Graaff Reinet, asook Ouderling Barend OJ Burger wat 'n groot rol gespeel het in die stigting van die dorp. BEVOLKING INTERESSANTE PLEKKE Boere oorlog tekens en oorblyfsels WAT OM TE SIEN EN TE DOEN Verskeie plekke waar San rotskuns voorkom AKKOMMODASIE TOERISME KANTOOR BUURDORPE Victoria-Wes 80km Nelspoort 82km Richmond 72km Graaff Reinet 134km |