| karooinfo.com |
HOE OM DAAR TE KOM (GPS: 33 35s 22 12o) Vanaf Kaapstad, volg die N1 noordwaarts. In Worcester draai na Robertson en volg Roete 62 tot in Oudtshoorn. Vanaf George, volg die pad via die Outeniqua pas na Oudtshoorn. GESKIEDENIS Die eerste aangetekende besoekers aan die gebied was 'n groep handelaars in Maart 1686. Sowat 100jaar later het die eerste boere daar gevestig. Teen 1839 is grond aan die kerk geskenk en die eerste kerkgebou opgerig. 'n Dorp het kort daarna ontwikkel. Teen 1858 is die eerste skool geopen. Volstruisvere het 'n mode item geword en die plaaslike ekonomie floreer. In 1885 het oorproduksie die mark doodgedruk. Pryse het weer herstel en veral na die Boereoorlog het die vraag na vere die pryse opgejaag. Teen 1913 was pryse op hul hoogste maar in 1914 het die mark in duie gestort wat die plaaslike ekonomie totaal verwoes. Een van die bekendste inwoners van Oudtshoorn was CJ Langenhoven. Vandag is Oudtshoorn 'n moderne dorp wat steeds tot groot mate van die volstruisbedryf afhanklik is. WAAR KOM DIE NAAM VANDAAN Vernoem na Baron Pieter van Rheede van Oudtshoorn, aangewys as Goewerneur van die Kaap maar sterf op die vaart daarheen. BEVOLKING INTERESSANTE PLEKKE 'Volstruisveer paleise' Aantal historiese geboue Meiringspoort op die roete na Beaufort-Wes WAT OM TE DOEN EN SIEN Volstruisplase Jaarlikse Kunstefees (KKNK) (April) 'Volstruis Boutique' en Volstruis Fabriekstoer by Klein Karoo Ko-op 'Arbeidsgenot' - Museum gevestig in Langenhoven huis CP Nel museum Wandelpaaie Bergfiets roetes Voelkyk 4x4 roetes Wild besigtiging AKKOMMODASIE TOERISME KANTOOR Tel: 044 279 2532 Fax: 044 272 8226 KELDERS OP DIE KLEIN KAROO WYNROETE Kango Tel: 044 272 6065 Fax: 044 272 1038 BUURDORPE Calitzdorp 52km Willowmore 146km Prince Albert 72km Beaufort-Wes 179km ANDER WEBTUISTES
|