| karooinfo.com |
HOE OM DAAR TE KOM (GPS: 31 25s 23 56o) Reg langs die N1, halfpad tussen die belangrike Karoodorpe Beaufort-Wes en Colesberg. GESKIEDENIS Die kerk wat in 1843 gebou is het die ontwikkeling van die dorp tot gevolg gehad. Geleë in die hart van die Grootkaroo wat die plaaslike inwoners na verwys as die wêreld se bes ontwikkelde woestyn. Dit is ideaal geleë as afspringplek om die Karoo te verken. Gedurende die Boere oorlog is die dorp by twee geleenthede aangeval. Die omgewing om Richmond is geseën met wye vlaktes en ongelooflik mooi berge. Weiding is besonder goed en die omgewing is bekend as goeie skaapwêreld. 'n Gewilde bestemming vir jagters. WAAR KOM DIE NAAM VANDAAN? Dit is vernoem na die 5e Hertog van Richmond(1791-1860), skoonpa van Sir Peregrine Maitland, Goewerneur aan die Kaap vanaf 1844 tot 1847. BEVOLKING INTERESSANTE PLEKKE Saalperd Museum (een van slegs twee in die wêreld) Aantal historiese geboue Victoriaanse Posbus WAT OM TE SIEN EN DOEN Boereoorlog tekens en oorblyfsels Jag AKKOMMODASIE TOERISME KANTOOR Tel: BUURDORPE Hanover 61km Colesberg 135km Beaufort-Wes 183km Middelburg 108km
|