| karooinfo.com |
KAROO BOTANIESE TUIN Tel: 023 347 0785 Fax: 023 342 8719 HOE OM DAAR TE KOM Geleë naby die N1 nasionale pad, sowat 120km vanaf Kaapstad, aan die buitewyke van Worcester. Duidelike padwysers vanaf die N1 sal u tot in die tuin lei. BESONDERHEDE Sowat 150ha waarvan 10ha bewerk word. Hierdie tuin is uniek in dat dit die enigste werklike vetplant tuin is in die suidelike halfrond en ook op die Afrika vasteland. Die blomme hoogtepunt is gedurende die lente wanneer duisende meerjarige plante asook kleurvolle vygies blom. Hierdie kleure skouspel strek van ongeveer middel Augustus tot einde September. Daar is ook verskei wandelpaaie op die terrein wat 'n absolute moet is. TOEGANGS URE Daagliks oop vanaf 07h00 tot 18h00
|