karooinfo.com

KarooInfo.com

  TUISBLAD
  AGTERGROND / KAART
  KAROO DORPE
  WAT OM TE DOEN EN SIEN
  - Karoo Botaniese Tuin
  - Karoo Nasionale Park
  - Tankwa Karoo Nasionale Park
  - Bergkwagga Nasionale Park
  - SA Astronomiese Observatorium
  WAAR OM TE BLY
  FAUNA & FLORA
  LANDBOU EN NYWERHEID
  BEGELEIDE TOERE
  KONTAK ONS / SKAKELS
TANKWA KAROO NASIONALE PARK

KONTAK BESONDERHEDE
Tel/Fax: 027 341 2389
  • Webblad


    HOE OM DAAR TE KOM
    Vanaf Kaapstad, volg die pad na Ceres. Vandaar neem roete R46 vir ongeveer 45km en draai dan af na Calvinia op roete R355. Die park is sowat 120km verder.

    BESONDERHEDE
    Die 80 000 hektaar Tankwa Karoo Nasionale Park (as Wetenskaplike National Park) is in 1986 geproklameer en is steeds in 'n ontwikkelingsfase. Op die oomblik word die veld herwin en dit sal nog geruime tyd neem voordat die oorspronklike plantegroei weer herstel het.

    Die Tankwa Karoo is die droogste deel van die Karoo. Ten spyte egter van die gemiddelde reenval van slegs 80mm per jaar verander die veld in 'n lushof van vetplant blomme-kleur na elke bui reen.

    Daar is geen toerisme infrastruktuur in die park nie. Normaal is die park ook nie oop vir die publiek nie. Spesiale toestemming kan egter direk van die parkbestuur verkry word vir besoeke.

    Gemiddelde temperature: Minimum(Julie): 5,7°C. Maksimum(Januarie): 38,9°C.

    WAT OM TE SIEN EN DOEN
    Ondervind en geniet een van die mooiste dele van die droeë Karoo.

    TOEGANGS URE


    AKKOMMODASIE
    Kampeerterrein

    BESPREKINGS
    Tel: 012 428 9111 Fax: 012 343 0905
  • e-Pos