| Karoo Akkommodasie |
| Rhenoster Valley Gasteplaas - Sutherland |
|
WAAR IS DIT Op die plaas Rhenoster Valley, Op die Nuweveldsberg, tussen Sutherland en Fraserburg. HOE KOM EK DAAR Vanaf Sutherland, neem die R356 na Fraserburg. Sowat 25km van Sutherland, draai regs op pad gemerk 'Rante AP2259' Na ongeveer 11km hou u regs op die pad gemerk 'Fisanterivier' Die plaas is sowat 10km verder aan linkerkant. KONTAK BESONDERHEDE Tel: 027 571 2780 Posbus 172, Fraserburg 6960 HERBERGIER Anne-Marie en Kobus Olivier AKKOMMODASIE Selfsorg Plaashuis met 2 dubbelkamers en 1 enkelkamer Volledig toegerus - max 6 persone Geen Elektrisiteit Gas- en Koolstoof ETES Karoo Lam braaipakke, plaasbrood en plaasprodukte op aanvraag beskikbaar. ANDER INLIGTING Kom ervaar rus, vrede en stilte - baie naby aan die hemelruim en legendariese Sutherland koue 4km vanaf Aasvoëlkrans, hoogste punt in Sutherland omgewing (1865m) Kom ervaar 'n Karoo sundowner en Veldbraai Bergfietsroete Staproete Sien 'n Witkruisarend in vlug of die ander wild wat hier voorkom, soos Vaalribbok en Steenbok
|