Die Karoo, daardie groot droë vlakte wat 'n groot deel van Suid-Afrika se oppervlak beslaan, is ongelooflik ryk
aan plante. Hierdie plantegroei kan effektief beskou word as die basis van die Karoo se ekonomie. Boere gebruik
hierdie plantegroei as weiding vir kleinvee en wild. Reenval is ook so laag dat slegs by uitsondering
aangeplante weiding gebruik kan word, dan ook hoofsaaklik met behulp van ondergrondse water. Die veld se drakrag wissel
van ongeveer 1 tot 2.5 skaap per hektaar.
Die gemiddelde jaarlikse reenval in die Karoo is sowat 450mm in die ooste wat verminder tot sowat 150mm in die weste.
Wanneer reenval daal na onder 60% van die gemiddelde reenval word dit beskou as 'n droogte. Die Karoo word onderwerp aan
droogtes vir tot 50% van die tyd.
Meeste van die boerdery bedrywighede in hierdie droë omgewing is met skape (wol en vleis), wild en volstruise. Langs
die enkele riviere, veral in die Klein Karoo, word vrugte en wyn ook produseer.
|