karooinfo.com

KarooInfo.com

  TUISBLAD
  AGTERGROND / KAART
  KAROO DORPE
  WAT OM TE SIEN EN DOEN
  WAAR OM TE BLY
  FAUNA & FLORA
  LANDBOU EN NYWERHEID
  - Skaap Boerdery
  - Angora Boerdery
  - Volstruis Boerdery
  - Wild en Jag
  - Vrugte en Wyn verbouing
  BEGELEIDE TOERE
  KONTAK ONS / SKAKELS
SKAAP BOERDERY
Die totale skaap bevolking in die Suid-Afrikaanse landboubedryf is ongeveer 25miljoen. Hiervan is sowat 18miljoen van die Merino tipe.

Merino skape was oorspronklik die eiendom van die Spaanse koningshuis. Enkele skape van die Escoriale Stoet is geskenk aan die Nederlandse koningsgesin. Hierdie skape kon nie aanpas in Nederland nie en het die regering 6 skape geskenk an Kolonel Jakob Gordon, die bevelvoerder van militêre magte van die tyd aan die Kaap, om in ons klimaat daarmee te eksperimenteer. Hy het dadelik die potensiaal raakgesien en besluit om die ras eg te hou. Hulle is aangehou op die plaas Groenkloof, sowat 55km van Kaapstad.

Suid-Afrika het so die eerste land buite Europa geword wat oor Merinoskape beskik het.

Teen 1830 was wolskaap boerdery goed gevestig in die Wes en Suidkaap. Die uitbreiding ooswaarts was goed aangehelp deur ondermeer die 1820 Setlaars. In 1834 het boere tydens die Groot Trek ook skape noordwaarts geneem en gevolglik het Merinos in relatiewe kort tyd wyd oor die land versprei.

Vanaf 1891 is groot getalle Merinos ingevoer vanuit Amerika en Australië. Plaaslike telers het ook geslaag om skape te teel wat met die beste in die wêreld vergelyk kon word. Hierdie Merinos vorm steeds die basis van ons bedryf.

Verskillende Merinos is ontwikkel om aan te pas by die verskillende klimaatstreke van ons land. Woltipes verkil ook van sterkwol (25mikron) tot fynwol (16mikron) en skape met min of geen wol vir gebruik in die warm en droë Karoo gebiede.