Die Angorabok het sy oorsprong in die gebied wat vandag aan ons bekend is as Turkye. Angoras was reeds bekend
in die vroeë bybelse geskiedenis en melding word gemaak van die gebruik van bokhaar in die tyd van Moses. Angora
bokhaar - ook bekend as Sybokhaar of Mohair - het gedurende die negentiende eeu 'n waardevolle handels produk
geword.
Angora bokke is versprei deur verskeie Europese lande met beperkte kommersiële sukses. In 1838 word Angoras ook na
Suid-Afrika gebring en bokhaar produksie het begin. Tans is Suid-Afrika een van die drie leiers in Bokhaar
produksie en lewer sowat 60% van die wêreldwye vraag. Die waardevolste deel van die Boerbok is dan ook die haar
nadat dit geskeer is. Die gemiddelde bok lewer sowat 2.25kg per skeersel en word normaal twee maal
per jaar geskeer. Die haar groei teen ongeveer 2.5 sentimeter per maand.
Die bok is 'n aantreklike dier en beide geslagte dra horings. Die ramme het gewoonlik 'n meer pertinente draai in
die horing en kan tot 60 sentimeter in lengte groei. Die ore is swaar en hang. In vergelyking met skaap en Boerbokke
is die Angora klein. Die ramme weeg tussen 65 en 90 kg en ooie sowat 28 tot 45 kg.
|